WELKOM!

 

Gee aan jou kind ’n uitnemende voorsprong met moedertaal en tweetaligheid.

Wie ons is:

Midrand Afrikaanse Akademie (MAA) is ’n plek waar Midrand weer ’n Afrikaanse gemeenskap kan hê gegrond in Christelike waardes. Dink aan ’n plek waar goeie waardes nog waarde het: ’n Plek waar enersheid in waardes, taal en godsdiens gevier word.

Die skool is ’n kwaliteit akademiese instansie wat uitstekende waarde vir geld bied. Elke lid van ons skool voel hul hoort, soos in ’n familie. By ons word elke kind uniek gekoester en opgevoed deur ’n gemeenskap van gemeenskapslede, onderwysers, ouers en ander kinders. Die hele gemeenskap staan saam en word opgehef!

In hierdie gemeenskap voel kinders geborge en kan hul skooldae geniet en ’n goeie fondament kry deur ’n opvoeding gebasseer in ware goeie waardes.

  • Kleuterskool - Vanaf 4 maande oud, baie welkom.
  • Laerskool - Vanaf graad 0 tot 6 (2017)
  • Hoërskool - (Eers in 2019) Doen navraag?

Ons luister na jou behoeftes.

 

Kontak ons gerus!