KLEUTERSKOOL

KLEUTERSKOOL

ONS LEER DEUR TE SPEEL EN NOGMAALS TE SPEEL!!

 

’n Kind sal floreer as hy voel dat mense hom beskerm, vir hom lief is en hom aanvaar.

Hy moet sy eie liggaam ontdek en wat dit kan voel en doen.
Hy moet mense, die tekstuur van kos en die reuke en gevoel van diere ervaar.
Hy moet ontdek-leer oor potte en panne, gras en die see.
Hy moet hom daaraan kan verwonder dat sand se vorm so baie kan verander wanneer dit uit ’n emmer val of dat water in ’n ysblokkie kan verander.
Hy het tyd nodig om hom te verdiep in die wonder van die natuur en die siklusse en ritmes daarvan.
Hy moet die lewe ervaar om deel daarvan te word.
Hy het tyd nodig om ’n kind te wees voordat hy uiteindelik sy kinderjare ontgroei.
Wag asseblief ’n rukkie voordat jy druk op hom uitoefen om te presteer….

Uit: SPEEL LEER SLIM ‘n Kind is ’n mens in wording deur Dr. Melodieka de Jager & Liz Victor

 

Program:

Ons volg ’n vaste program elke dag, want roetine skep ’n veilig omgewing vir kinders. Daar is tyd vir vryspel, buite-spel, kringetjie, eet en bietjie rus ook!

 

Skooltye:

  • Die skool is oop van 06:45 – 17:30
  • Klasse begin 08:00
  • Halfdag is tot 13:30

 

Kontak ons gerus vir verdere navrae.